Illustration of Mermaid

Chanette Paul

Welkom by Chanette Paul se webwerf

Chanette Paul het reeds 32 boeke gepubliseer asook bydraes gemaak tot bundels en verskeie van haar verhale en humorartikels het in tydskrifte verskyn.  Sy eksperimenteer in dié vyftien jaar met verskillende genres terwyl sy die pot aan die kook hou met haar romanses.
In 2007 betree sy ʼn nuwe skryffase en vind in haar eie interpretasie van die spanningsroman, haar ware nis.
Springgety verskyn in November 2007 , in Oktober 2008 volg Fortuin en die derde in die reeks, Boheem beland op die rak in Julie 2009. Meetsnoer, die vierde spanningsroman waarin Gys Niemand, die bles speurder met sy boep en sy eie manier van dinge doen, weer ʼn rol speel, is op pad in Oktober 2010.
Chanette is besig om aan die vyfde en laaste Gys-boek te skryf. Dit speel weer in die Niemandsdorp-omgewing af  en Gys en  Fortuintjie se stories word klaar vertel.  Kruisbaai se visvrou-legende wat ? deurlopende tema vorm, sal ook in die  vyfde boek afgerond word. Chanette Paul is in Johannesburg gebore in die jare toe vroulief nog voorskoot gedra het...
Read More



Omslag
Fortuin

Francois Bloemhof in Die Burger:
Hierdie vrou kan skryf, daaroor kan seker niemand teen die tyd twyfel nie. Sy bly produktief, sonder insinkings in die gehalte van haar werk. Die boek is lank, maar die verwikkelde intrige behou die aandag. Dit is ook goed gepeper met fyn humor en waarnemings wat van navorsing spreek.

Jaybee Roux in Beeld:
Al is Paul se spanningsromans eerder op emosie as intrige gebou, is daar op bykans elke bladsy verwikkelinge.

Boheem is die derde spanningsroman uit Chanette Paul se pen en haar 32ste boek. Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia. Speurders Gys Niemand en Faantjie Fortuin moet weer agter die kap van die byl probeer kom, maar die keer is daar ʼn hele paar komplikasies.

Katrien Bresselaar is dalk voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar niemand het haar onskuldig bevind nie. En as sy een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?

Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.

Kliek hier om aanlyn te koop

Lees Meer...

Omslag
Fortuin

Fortuin is ongetwyfeld een van die beste Afrikaanse boeke wat ek in 2008  gelees het – ongelooflik interessant en onvoorspelbaar.  Chanette kry dit goed reg om teenoorgesteldes teenoor mekaar af te speel:  liefde en haat, goed en sleg  En die subtiele humor wat sy inbring het my ook gereeld laat glimlag. 
Maria Muller, Londen

Fortuin is Chanette Paul se tweede spanningsroman in die Gys-Niemand-reeks. Reeds met Springgety wat in Oktober 2007 verskyn het, begin sy om ’n belangrike leemte in die spanningsgenre te vul. Met Fortuin voer sy haar ontdekkingsreis verder. 

Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dis wat joernalis, Xanthe Tredoux, moet gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Waarom hy háár stuur, is vir haar duister, want hy weet sy het die kluts vyf jaar gelede kwyt geraak en dit nog nie weer gevind nie.

Kliek hier om aanlyn te koop

Lees Meer...


Omslag

Met Springgety bewys Paul dat sy veelsydig sowel as produktief kan wees.  In dié roman (dikker as ’n baksteen, en aantreklik uitgegee) maak sy die sprong van liefdesverhale na spanningsfiksie. Die agtergrond waarteen die roman hom afspeel, is prikkelend en word vernuftig en oortuigend weergegee. Die verhaal is besonder heg en boeiend.
Jaybee Roux in Beeld

Springklip, die krans wat oor die gulsige see by Kruisbaai troon,  is ʼn plek waar die dood tasbaar na siele vra. Lily Reynecke het skaars haar tante, Maja, se voetspore  na Kruisbaai gevolg toe Springklip nog ʼn slagoffer eis. Wat gespring het. Of gestamp is.    Wie op Kruisbaai eien hom die reg toe om te besluit oor lewe en dood? Dalk Lily self? In een van haar vergeettye? Kassie? Of is dit dalk Ben? Groot Ben. Beneukte Ben. Aantreklike Ben.

Wat ís dit aan Kruisbaai wat maak dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die Visvrou se vloek? Annie Niemand se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of maar net die eensaamheid van ’n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan daardie kant toe sleep.



FortuinROMANSES

"Chanette Paul is een van die gewildste romanseskrywers in Afrikaans. Haar heldinne is sterk, onafhanklike en lewendige vroue en haar helde is gewoonlik ’n betaman, ’n moderne en meer toeganklike weergawe van die ietwat oudtydse alphaman. Haar heerlike sin vir humor skemer heeltyd deur en haar styl is lig en speels – twee van die belangsriksteelemente vir ’n geslaagde romanse."

Die Duet, Onder Seespieël, bevat Chanette Paul se heel eerste boek, Maalstroom van ekstasee asook haar derde, Leerskool van liefde. Albei het skuba-duik as tema. Chanette het die Perskor-prys vir die beste romantiese fiksie in 1996 vir Maalstroom van ekstase gekry.

 

Fortuin

Branders van liefde is ’n heruitgawe van twee van Chanette Paul se gewildste romantiese komedies. Op soek na ’n held en Porselein van staal wat in 2005 verskyn het.

 

 

 

 

 

Fortuin

Chanette Paul Omnibus 4 bevat drie romantiese verhale wat in die Overberg afspeel, naamlik: Perlemoenmaan, Fynbos vir ’n feeks en Toorliefde..