Illustration of Mermaid

BOHEEM deur Chanette Paul

Boheem is die derde spanningsroman uit Chanette Paul se pen en haar 32ste boek. Nog ’n moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia. Speurders Gys Niemand en Faantjie Fortuin moet weer agter die kap van die byl probeer kom, maar die keer is daar ’n hele paar komplikasies.

Katrien Bresselaar is dalk voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar niemand het haar onskuldig bevind nie. En as sy een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?

Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.

Read More


FORTUIN deur Chanette Paul

Fortuin is Chanette Paul se een en dertigste boek die afgelope 13 jaar en haar tweede spanningsroman. Reeds met Springgety wat in Oktober 2007 verskyn het, begin sy om ’n belangrike leemte in die spanningsgenre te vul. Met Fortuin voer sy haar ontdekkingsreis verder. 

Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dis wat joernalis, Xanthe Tredoux, moet gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Waarom hy háár stuur, is vir haar duister, want hy weet sy het die kluts vyf jaar gelede kwyt geraak en dit nog nie weer gevind nie.

Read More


Springgety deur Chanette Paul

Chanette Paul se spanningsroman, Springgety vul ’n belangrike leemte in Afrikaans. Die afgelope twee dekades het daar maar min boeke in dié genre in Afrikaanse verskyn.

Die verhaal speel af op Kruisbaai, ’n plek wat speurder-sersant Gys Niemand die rillings gee.  Veral Springklip, waar vier kruise geplant is vir slagoffers van dié krans wat waghou oor die buierige see.

Lily Reynecke weet feitlik niks van Kruisbaai of Springklip toe sy daar aankom nie.  Pas uit ʼn senukliniek nadat haar miserabele jeug, haar egskeiding en haar tante se tragiese dood vir haar te veel geword het, is die Visvrou, die strandhuisie wat sy van Maja geërf het, haar enigste toevlug. 

Read More


Chanette Paul

Onder Seespieël

Die Duet, Onder Seespieël, bevat Chanette Paul se heel eerste boek, Maalstroom van ekstase asook haar derde, Leerskool van liefde. Albei het skuba-duik as tema. Chanette het die Perskor-prys vir die beste romantiese fiksie in 1996 vir Maalstroom van ekstase gekry.

Read More


Chanette Paul

Branders van liefde

Branders van liefde is ’n heruitgawe van twee van Chanette Paul se gewildste romantiese komedies, nl. Op soek na ’n held en Porselein van staal wat in 2005 verskyn het.

Read More


Chanette Paul

Chanette Paul Omnibus 4

Chanette Paul Omnibus 4 bevat drie romantiese verhale wat in die Overberg afspeel, naamlik: Perlemoenmaan, Fynbos vir ? feeks en Toorliefde..

Read More


Chanette Paul

Tamara deur Chanette Paul

Die Davel-reeks deur Chanette Paul

Slegte nuus:
Die Davel-reeks is uitverkoop en tans nie beskikbaar nie.

Goeie nuus:
Daar is sprake dat die boeke weer beskikbaar gestel sal word, moontlik as e-boeke. Chanette hoor graag hoe lesers hieroor voel. E-pos jou opinie hier.

Die Davelvroue-sage bestaan uit sewe boeke, naamlik Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.
Chanette Paul volg die wel en weë van die mooi, maar wederstrewige Davelvroue van 1899 tot en met 1938. Elkeen van die vroue voer hul eie stryd, beleef op hul eie unieke manier die geskiedkundige tydperk waarin hulle leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat hulle liefkry.

Hoewel die reeks steeds fokus op vroue se belewing van die liefde, spreek dit ook die kwessie van vroue se bemagtiging, eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan.

Read More