Chanette Paul
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK

Boheem


Picture
BOHEEM deur Chanette Paul
Aantal bladsye: 586
ISBN: 978 0 7993 4464 6
Verskyningsdatum: Julie 2009
Uitgewer:  Lapa Uitgewers
 
 
 
Boheem is die derde spanningsroman in die Gys Niemand-reeks
Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia.
Op die dag van haar egskeiding, ontdek Katrien Bresselaar haar man se verminkte liggaam onder verdagte omstandighede. Sy word voor die reg vrygespreek van die moord, maar niemand dink sy was onskuldig nie.
Toe sy dus drie jaar later by die kunstenaarskolonie, Bohemia, aankom en vir die tweede keer in haar lewe op die liggaam van ʼn vermoorde afkom, is daar baie vingers wat na haar wys. As sy immers een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?
Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.
’n Rustige hawe vir kunstenaars is Bohemia allermins. Anne Lockwood haar met ‘n klomp kreatiewe mankes omring en so ‘n prutpot geskep wat die een of ander tyd moes oorkook.
Gys Niemand en Fortuintjie, Niemandsdorp se beste speurspan wat die skuldiges in Springgety en Fortuin aan die pen laat ry het, kan maar net toekyk, want hulle mag nie betrokke raak nie. Totdat Gys besluit om verlof te neem en Vrystaat toe te gaan om Katrien Bresselaar alias Kayla Cilliers, finaal aan die pen te laat ry.
Boheem was in 2010 ’n  finalis vir die ATKV se Veertjie toekenning in die spanningsroman kategorie. Nog twee Gys-boeke volg in Springgety, Fortuin en Boheem se voetspore, naamlik Meetsnoer en Dryfhout.
 
Crime Beat onderhoud met Leon van Nierop: http://crimebeat.bookslive.co.za/blog/2009/09/29/chanette-paul-praat-oor-haar-krimi-boheem/
 
Resensie - Boheem: Beeld 2009-09-13
Jaybee Roux
Chanette Paul het beïndruk met Springgety en Fortuin. Boheem, haar derde spanningsroman, bevat weer ’n groepie uiteenlopende karakters in ʼn afgesonderde gemeenskappie, waarvan minstens een ʼn moordenaar is.
Daar is weer ’n heldin wat haar in ʼn maalkolk van verraad, gierigheid en wraak bevind en ’n "hunk" wat enige rooibloedvrou se knieë lam sal maak. Die heldin heet Katrien Bresselaar.
Die gemeenskappie is Bohemia, ʼn eertydse nedersetting vir melaatses wat ʼn tuiste vir kunstenaars geword het – met Rose-Anne Lockwood, wêreldbekende skrywer, as matriarg daar woon nie meer melaatses in Bohemia nie, maar die nuwe geslag inwoners het elkeen ʼn kruis waarmee hy of sy deur die lewe beur. Ook Katrien het ’n spul bagasie wat moeisaam uitgepluis moet word. Die poppe begin dadelik dans.
Rose-Anne word vermoor en Katrien is ʼn verdagte. Dit word nogtans aan haar opgedra om Rose-Anne se laaste manuskrip af te rond, met die hulp van kassetbande waarop Rose-Anne "notas" oor haar boek-in-wording gemaak het. Dié kassette word die voertuig waarmee inligting oor Bohemia se inwoners en hul onderlinge vetes aan Katrien, en dus aan die leser, oorgedra word.
Al weet Paul se aanhangers teen hierdie tyd wat om te verwag, is daar genoeg wat Boheem anders as sy voorgangers maak. Die deurlopende tema – die mite dat iemand onskuldig is aan ʼn misdaad totdat die teendeel bewys word – is interessant en word goed benut. Katrien se man is jare gelede vermoor; sy is verdink, maar nooit vervolg nie. Dít is vir sommige so goed soos ʼn skuldigbevinding: ’n verdagte is dikwels skuldig totdat die teendeel bewys word.
Die speurder Gys Niemand maak weer sy opwagting, maar mag nie by die ondersoek na die moord op Rose-Anne betrokke raak nie. Hy gaan "kuier" in Katrien se tuisdorp en stel nie-amptelik ondersoek in na haar man se skietdood.
Die leser kry dus twee moordverhale vir die prys van een. Dié twee intriges hou verband met mekaar: As Katrien se onskuld aan haar man se dood bewys word, is dit minder waarskynlik dat sý ʼn briewemes in Rose-Ann se rug gedruk het.
San, die weduwee by wie Gys loseer, is ’n juweel en kielie gereeld die lagspiere. Al is Paul se spanningsromans eerder op emosie as intrige gebou, is daar op bykans elke bladsy verwikkelinge. Die leser word aan ’n klomp detail blootgestel en moet kophou om by te bly. Paul het die verstommende vermoë om uit ’n magdom feite, vrae, verwikkelinge - met ʼn "miskien" en ʼn "wat as ... ?" om elke hoek en draai - ʼn hegte tapyt te weef sonder dat daar ’n enkele los draadjie êrens uithang.
Boheem kan wyd gelees word en sal op meer as een vlak bevredig.
Roux is ’n skrywer van Velddrif. 
​

BESTEL HIER
Picture
TUIS | BIOGRAFIE | BROKKIES & NUUS | BOEKE | ONDERHOUDE & MEDIA | KONTAK | BLOG
Website by TILT INTERACTIVE 2017
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK