Branders van liefde
Op soek na 'n held
Kiara Albertyn se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onklaar, sy kry nie ’n held vir haar jongste boek nie ... En dis nie al nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n hunk, het die naam van ’n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen die duiwel en Atilla die Hun.
Porselein van staal
Toe Sasha saam met Sebastiaan van der Linde op sy ekspedisie Mosambiek toe vertrek, weet niemand sy's ’n vrou nie. Sy vermom haar as ’n man omdat sy tot elke prys moet saamgaan. Maar Sebastiaan sal haar nooit toelaat nie, want hy kan vroue nie verduur nie en fotograwe nog minder. En sy is albei.



