2007
Op Dreunkrans in Hermanus
2007
Boeke word geteken by
die
bekendstelling van Springgety
2006
My ma
2003
Die eerste Manuskripfabriek
1996
Perskor-prys vir die beste romantiese fiksie
Brokkies
2009
Boheem en Sophia Kapp se Die ooreenkoms is gelyktydig bekendgestel by drie heerlike geleenthede, naamlik Exclusive Books in Centurion, en Waverley Biblioteek albei in Pretoria asook by Protea Boekwinkel in Potchefstroom.
By al drie was prof. Hans du Plessis die fasiliteerder.
Lees meer hieroor by:
Boekbekendstelling-blues
2007
Op Dreunkrans in Hermanus. Springklip is natuurlik heelwat hoër, gevaarliker en moeiliker bereikbaar en Kruisbaai se see is baie stormagtiger, maar Dreunkrans en sekere plekke langs Hermanus se bekende “Cliff Path” het as inspirasie gedien.
2007
Boeke word geteken by die bekendstelling van Springgety by The Book Cottage te Hermanus.
2006
My ma, Ina Meyer, was en is steeds inspirasie vir my as skrywer, as vrou en as mens. Hier is ek en Moeder op pad na die bekendstelling van die Davel-reeks by Van Brakelstoor tussen Stanford en Caledon. Die foto is voor my huis geneem. Ons moes almal hoede dra.
2003
Die eerste Manuskripfabriek. Ek en die deelnemers op die rivierboot, die Platanna, besig om oor skryfaspekte soos ruimte, fokalisering en dies meer te praat. Ja, regtig. Kloksgewys van die middel af: Chanette Paul, Kristel Loots, Mêrie Scheepers (Annie Mouton), Dirna Ackerman en Wilna Adriaanse.
1996
Ek ontvang die Perskor-prys vir die beste romantiese fiksie vir my debuutromanse, Maalstroom van ekstase. Dit was omtrént ʼn glansgeleentheid. Die prys is oorhandig deur Alex, die held op die omslag. ʼn Blote handskud was natuurlik buite die kwessie.
Wat lesers sê:
Boheem
Sopas Boheem klaar gelees. Was nog altyd ʼn aanhanger van jou boeke, maar Fortuin en Boheem kon ek net nie neer sit nie. Moet sê dat ek met albei ʼn konneksie gevind het. In Boheem verstaan ek die wedywer tussen die Paul Roos en Grey manne, want my 2 seuns is Paul Roosers en ek is seker dat ek niks verder hoef te sê nie. Met Fortuin het ek die Wikka ongelooflik geniet – nogal altyd gedink daar is ʼn bietjie "heks" in my!
Debbie Coetzee
Chanette, jy is so tuis in my huis! Springgety en Fortuin het ek gelees en geniet maar Boheem was die beste! Sien uit na jou volgende boeke.
Linette vd Walt
Ek het nou-net jou boek Boheem klaar gelees, en dit was uitstekend! Kon dit nie neersit nie. Net soos jou voriges. Die boek was van die begin tot einde boeiend en ek kon in my geestesoog elke gebou, karakter en agtergrond skilder. Baie dankie! Ek kan nie wag vir die volgende ene nie!
Alna de Vos
Baie dankie vir ʼn fantastiese boek weer eens. Ek kan nie wag vir die volgende twee nie; maar is ook huiwerig om daaraan te dink - want dan is die reeks klaar en ek glo dit gaan mens hartseer laat.
Stelselmatig kom Gys en Gertjie nader aan mekaar.
Marius Jonker
Ek wil net vir jou sê dat jy besig is om my in ʼn leser te verander met jou boeke. Ek geniet jou goed vreeslik baie en jou storie begin sommer dadelik lekker, m.a.w. dit is nêrens vervelig nie, dit lees maklik en maak dat mens dit nie wil neersit nie. Ek is bly jou girls is nie kloosterkoeke nie. Ek leer ook elke slag iets uit jou storie en dit vat my heerlik vir die oomblik weg. Dankie! Love jou boeke!
Sarena
Ek is `n baie groot aanhanger van jou boeke. Jy skryf vir my fantasties, en daarom sien ek jou as een van my grootste rolmodelle in my eie skryf avontuur.
Anzel Gerber
Ek het omtrent al jou boeke al gelees en het verslaaf geraak aan jou boeke. My ander helfte raak gefrustreerd as ek nie jou boeke kan neersit nadat ek begin lees het nie.
Hou so aan!! Ek leef my geheel en al in jou stories in asof ek alles self aanskou. Jou navorsing met van jou boeke is uitstekend en bied ʼn wonderlike insig vir die lesers in aspekte waarmee ʼn mens andersins nie in aanraking sal kom nie.
Jy is ʼn ster!! Moet asb nie ophou skryf nie. Ongelukkig lees ek vinniger ʼn boek klaar as wat jy dit kan skryf. Wat ʼn jammerte, maar dit is maar die lot van ʼn leesvraat.
Leandra Stander
Fortuin
Baie dankie, nog ‘n heerlike leesboek, ek’s net elke keer so vies as dit klaar is en nou moet ek nog weer lank wag voor die volgende een kom. Ancolet Boonzaaier
Uitstekend! Dit is waar jou legio talente bymekaar kom. Geluk jong, ek dink dit is besonder slim een hierdie. Die proloog is prikkelend en die epiloog sorg vir ʼn einde waarop die leser hoop, al lyk dit of dit nooit gaan gebeur nie; verrassingselement tot op die einde. Elna Geyer
Springgety
Ek is tans besig om Springgety te lees van Chanette Paul. Ek het reeds 'n hele paar van haar boeke gelees en geniet dit baie, maar hierdie spesifieke een is uitstekend. Ancolet Boonzaaier
Die Davel-reeks
Dis net 'n kort briefie om dankie te sê vir die Davelvroue. Hulle het my geamuseer. My herinner aan sekere dinge wat ek probeer vergeet het, en laat besef dat daar soveel meer is in die lewe. In elkeen het ek iets van myself ontdek en waargeneem. Dit was 'n ontdekkingsreis en ʼn groeiproses. En soos Maryn moet ek veranderinge bring om my menswees te voed en uit te leef. Dankie vir die inspirasie, want dit het my oë oopgemaak. En tog ook my sin vir romanse gevoed. Maar dankie vir die sielvolle verhale wat mens leer om te kyk, te droom en te aanvaar. En om die lewe aan te gryp, want more is onseker, maar vandag het ek, 'n geskenk van die Skepper. Mag daar vele hartroerende en lewensveranderende verhale uit u hart vloei. Wendy Carolus
Ek het gister die laaste Davel-vrou gelees en ek trek al my twyfel terug oor historiese romanses. Dit was ‘n fees van Tamara tot Fleur en vir ou Ruben Gould het ek ‘n sagte plekkie gehad. ‘n Mens kan nie eintlik een van die boeke uitsonder as die beste nie, want elke vrou het op haar gebied ‘n impak gemaak. Dit was regtig genotvol om te lees. Sonja Basson
Artikels deur Chanette Paul beskikbaar op die internet
- Jaybee Roux in gesprek met Chanette Paul
- ABSA Ketting: Chanette Paul-Hughes in gesprek met Jan van Tonder
- Die cantadora en die helende werking van stories
- Daar is meer as een manier om naels te kou
- Krisis in Afrikaans?
- Vir Kobus oor genres (1)
- Vir Kobus oor genres (2)
- Waarheen, Kobus / André? Kundigheid, asseblief (1)
- Waarheen, Kobus / André? Kundigheid, asseblief (2)
Artikels oor Chanette Paul beskikbaar op die internet:
- Biografies
- Botha, Hardus: 30ste vir Chanette
- De Klerk, Kobus: Chanette Paul en literêre genres
- De Kock, Helene: Vyf vrae … aan Chanette Paul
- ABSA Ketting: Deon Meyer se vrae aan Chanette Paul-Hughes
- Le Roux, Frieda: Sy is verlief op haar geel huis
- Le Roux, Frieda: Omring deur boeke, feëkrag
- Le Roux, Frieda: Towerkrag lok op Stanford
- Marais, Annemarie: Biografies
- Nieuwoudt, Stephanie: Lewe in dorpie sit Chanette Paul voltyds aan die skryf
- Pieterse, Tanja: Karakters woon in haar kop


