Dryfhout
![]() Dryfhout deur Chanette Paul
Aantal bladsye: 509 ISBN: 978 0 7993 48828 Verskyningsdatum: Junie 2011 Uitgewer: Lapa Uitgewers Dryfhout is die vyfde en laaste boek in die Gys Niemand-reeks Wie is Aengel Rousseau as sy nie ʼn ma, dogter of suster is nie? En wie en wat was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, ʼn skulp, ʼn seewatersteen en ʼn verbod om haar hare te sny, geërf het? Dis die twee vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok, want dis waar Angelique d’Avignon amper tweehonderd jaar gelede haar eerste spore op die Afrika-kontinent gelaat het en ook waar legendes van die visvrou, Annie Niemand, ruig loop. Die dagboeke maak geleidelik sin van die legendes oor Annie se skat en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Wat nie sin maak nie, is Aengel se gevoelens vir Roark, die Boere-Ier met sy eie agenda. Wat nog minder sin maak, is die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word. En wat glad nie sin maak nie, is dat iemand glo slegs Aengel kan Annie se vloek ophef – dalk in ruil vir haar lewe. Gys en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan om ʼn slinkse moordenaar aan te keer en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout, die vyfde en laaste boek in die Gys Niemand-reeks, word voorafgegaan deur Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer. Jeanette Ferreira: In Dryfhout bereik liefde en spanning ’n hoogtepunt wat die leser enduit gevange hou. In een toneel word die leser diep ontroer, net om in die volgende deur heerlike humor vermaak te word. En oor alles hang die misterie van ’n vergane skip en die see se getye. Resensies en artikels: LitNet: http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=109859&cat_id=558 Dagblaaie: http://www.beeld.com/Boeke/OnlangsVerskyn/Volmaakte-slot-in-die-reeks-van-vyf-boeke-20110724 Rapport: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Puik-boeke-oor-misdaad-deur-ses-skrywers-20110903 |