Tamara deur Chanette Paul
Kliek hier om aanlyn te koop
Willemien deur Chanette Paul
Annabella deur Chanette Paul
Kliek hier om aanlyn te koop
Die Davel-reeks deur Chanette Paul
Verkorte weergawe van ʼn brief van die taalversorger aan die uitgewer, oor die eerste vier boeke van die Davel-reeks.
8 Maart 2006
Ek is deur Tamara, en was mal daaroor, deur Willemien, dieselfde, Annabella, nog maller … en nou Deborah. En nou weet ek opnuut wat ‘n storie maak dat hy uitstaan bo die ander, die skrywer onderskei – nie boekekennis nie, nie grade nie, nie professorate nie, maar deernis met mense, ‘n meelewendheid met mense, ‘n lekker sin vir humor, selfs al is die situasie ernstig. ‘n Warmte, ‘n deurleefdheid. En ‘n bewus wees van magic. Die magic tussen mense, in die klein goedjies, in mannerismes, ag, ag, ag … ek sukkel om dit onder woorde te bring.
Ek hou van die mense wat Chanette skep, trouens ek is mal oor hulle. Joshua, Tamara, Aidan, selfs vir ou Ryk Ruben het ‘n mens ‘n sagte plekkie. En Willemien … Willemien wat so goed is vir Annabella se dogters en elke jaar vir hulle iets uit Parys saambring. Dis so nice. Sulke wonderlike, lieflike, warm ménse.
Chanette het net daardie fyn vermoë om ‘n situasie so te teken dat jy die mense sien, dat jy hulle hoor, dat dit outentiek. Sy het wragtig die vermoë om karakters te skep wat so geloofwaardig is dat jy mal is oor hulle. Hier het sy nou vier Davel-vroue geteken en nie een is soos die ander nie. Elkeen het haar eie klein hebbelikhede, haar eiesoortige persoonlikheid, haar individualiteit. En dit wil gedoen word. So op mekaar en so onder druk geskep.
En dan praat ek nie eens van die helde nie waarop ‘n mens wragtigwaar saam met die heldin verlief raak. Mans soos wat ons graag wil hê hulle moet wees (en kán wees as hulle al hulle twak kan afskud).
‘n Goeie storie, ‘n spannende avontuur, ‘n aangrypende liefdesintrige kan uitgedink word. Maar om werklik gestalte daaraan te gee soos Chanette dit nou weer gedoen het, is ‘n talent.
Dis vroue soos die Davel-vroue wat my die boeke vir almal wat ek dink die moeite werd ag, wil gee om te lees en te sê: Kyk, kyk net. Kyk hoe goed is dit. Dit het bestaansreg. Dit moet met die nodige respek en agting bejeën word, dit het ‘n plek soos hogere letterkunde (wat ek ook graag lees) ‘n plek het. Ons hoef nie skaam te wees nie. Ons is blerrie trots op wat dié skrywer kan doen.


