Sy kan net haar erfplaas red as sy opstaan teen die man van haar hart
Maryn, Tamara se jongste en mees bedeesde dogter. In 1933 is sy reeds ʼn oujongnooi en nie veel meer as ʼn konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar in ʼn tydvak waar die Depressie oral voelbaar is, moet sy help om Bergendal vir die Davels te red uit die kloue van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is – selfs al is hy die man wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.