Chanette Paul
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK
Vorige nuusbriewe:

Nuusbriewe

TEKEN IN OP DIE NUUSBRIEF
Oktober 2016
Junie 2016
Oktober 2015
November 2015
Picture
November 2015
 
Liewe lesers
​

Dit voel behoorlik asof warrelwind my beet gekry het sedert my laaste nuusbrief! Maar ek is veilig terug uit België en reg vir die boektoer Noorde toe.
'n Bietjie terugvoer oor die afgelope maand.
 
    In die Karoo:
    Oktober se Boekbedonnerd was inderdaad bedonnerd lekker. Ek het die bykans 1500 km heen en terug na Richmond veilig afgelê in my twintigjaaroue karretjie, 'n Volkswagen cabriolet. Dit het lekker baie dinktyd verskaf, veral die dele waar ek die dak laat sak het en die salwende Karoo-geure kon inasem, die wind in my hare kon voel.
    Die program was wonderlik en baie verrykend. Ongelukkig het my Offerlamme gaan staan en AWOL. En dit nadat Lapa soveel moeite gedoen het om die boeke vroeër as wat beplan is van die drukker af te kry sodat eksemplare vir my praatjie by Boekbedonnerd asook my outeurskopieë betyds na Richmond gekoerier kon word! Wel, die boeke is na Richmond (Noord-Kaap) toe gekoerier. Die boeke bedoel vir een van die boekwinkels, het egter by Richmond in Kwa-Zulu Natal uitgekom. En my outeurskopieë in Richmond naby Port Elizabeth.
    Gelukkig kon die mense by Lapa ingryp en het die boeke uiteindelik Vrydagmiddag in die regte Richmond uitgekom.
    Gaan loer gerus hier vir foto’s: http://www.litnet.co.za/fotoblad-deur-chanette-paul-bookbedonnerdfees-2015/
   
    In België:
    Ná Richmond het ek net mooi ʼn week gehad om ʼn manuskrip te lees, ʼn verslag te skryf en laaste dinge in orde te kry vir my reis België toe.    
    Daar het ʼn stewige program voorgelê maar my grootste bekommernis in daardie stadium was die pakkery. Wat trek mens aan na geleenthede in ʼn vreemde land? Hoe koud is die herfs? Uiteindelik het maar net oë toegeknyp en gepak wat voorkom.
    Op die Brusselse lughawe het my agent Gino en Elke, sy vrou en ook die vertaler van Offerlam, my ingewag. Hulle gasvryheid was oorweldigend!
    Die eerste bekendstelling het by restaurant A Mano in Rumst plaasgevind. Daar was 40-50 mense en ʼn bekende Belgiese akteur, Peter van Asbroeck, het die onderhoud met my en Elke gevoer. Dit was ʼn wonderlike aand met vriende soos Carine Duprez en Karel en Leentje De Brabander wat van ver af gery het om daar te wees. Dis eers toe ek die De Brabanders daar sien dat ek onthou het ek moes seker hulle toestemming gevra het om hulle van vir die kommissaris in Offerlam te gebruik! Gelukkig het hulle geen beswaar gehad nie.
    Die res van die boektoer het gedraai om die Antwerpse Boekebeurs, radio onderhoude en ʼn bekendstelling by ʼn lieflike boekwinkel in Gent, Paard van Troje. Ek moes my behoorlik knyp om seker te maak ek is werklik daar met die Nederlandse Offerlam.
    Die boekebeurs in Antwerpen was ʼn onvergeetlike, amper oorweldigende, belewenis! Ek dink nie ek het al ooit soveel boeke – en so ʼn uitlopende verskeidenheid – onder een dak gesien nie. En oral loop hordes mense, feitlik elkeen met ʼn sak vol pas aangeskafte boeke. Dis baie duidelik dat die Belge léés!
    Tussendeur en veral die laaste drie dae kon ek darem ook heelwat navorsing inpas. Ek kan nie wag om met al hierdie nuwe kennis en indrukke verder aan Offerlam te werk nie. Ongelukkig sal die skrywery nog ʼn bietjie moet wag.
    Tuis!   
Ek het Maandag die 16e November geland en moes inderhaas begin regmaak vir die Kwêla-span wat die 19e ʼn program hier kom skiet het. Dinsdag die 24e was DeKatTV hier en die volgende dag is ek eers Artscape toe vir 'n radio-onderhoud en het daarna by Wordsworth in Willowbridge met Jonathan Amid oor Offerlam gesels. Dit was 'n heerlike aand en dankie vir almal wat daar was. Nog 'n lekkerte was dat twee skrywersvriende ook daar opgedaag het, naamlik Martin Steyn en Rudie van Rensburg!
 
Aankomende week begin my Suid-Afrikaanse boektoer in alle erns.
Hieronder is die gegewens wat opgedateer is van laas maand af. 
    Suid-Afrika Boektoer:
    Eerskomende Maandag gesels ek en Petrovna Metelerkamp in Hermanus se book Cottage:
         30 November: 
17:30 vir 18:00 Book Cottage, Longstraat 17, Hermanus
RSVP: 028 313 0834 / bookcott@hermanus.co.za

    Daarna is dit noorde toe.
    Pretoria en omgewing
    3 Desember:
09:00 vir 09:30 Boek & Koek by o'Galito-Montana, Zambezi Junction – gereël deur Graffiti.
RSVP: 012 548 2356 / shop@graffitibooks.co.za 
R65 per persoon
    3 Desember:
18:00 vir 18:30 Woord & Wingerd, Graffiti, Lynnwood Bridge.
RSVP: 012 348 1835 / lynnwood@graffitibooks.co.za
R50 per persoon
    4 Desember:
18:00 vir 18:30 Painted Words, Shoprite Sentrum, Modimolle.
 RSVP: 014 717 3971 / admin@paintedwords.co.za
R25 per persoon – sluit kaas en wyn in.
    5 Desember:
10:30 vir 11:00 Protea Boekwinkel, 1067 Burnettstraat, Hatfield.
RSVP: 012 362 5684 / lbell@proteaboekwinkel.com
 
Vir 'n opsomming: http://lapa.bookslive.co.za/blog/2015/11/23/kom-vier-die-bekendstelling-van-offerlam-deur-chanette-paul-by-verskeie-geleenthede/
 
Meer oor Offerlam:
    Tot duver kry ek baie goeie terugvoer en het darem al bietjie van die asem wat ek opgehou het, uitgeblaas.
Resensie:
http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/paul-se-groot-storie-verlei-die-leser-20151115  of by
http://bookslive.co.za/blog/2015/11/17/helen-sch%C3%B6er-resenseer-offerlam-deur-chanette-paul/
   Alta Cloete sê op Goodreads:
   Offerlam is 'n omvangryke roman wat 'n groot aantal temas aanroer. Die aksie beweeg tussen die DRK, Suid-Afrika en België. Soos ons die skrywer ken, is die navorsing deeglik gedoen en veral die Europese belewing van die Suid-Afrikaner is treffend geteken. Om die balans te behou, is daar benewens die spanningslyn steeds 'n gerusstellende skeutjie romanse ingeroer. As romantiese held is die "vaal professor"(Chanette se eie woorde) verbasend suksesvol. 
    Offerlam is 'n moet-lees vir enige Chanette Paul-aanhanger. En kan 'n heerlike ontdekking wees vir die oningewydes. 

Artikels:
http://lapa.bookslive.co.za/blog/2015/11/12/chanette-paul-gesels-oor-haar-internasionale-deurbraak-offerlam-plus-fotos-uit-belgi%C3%AB/
http://myafrikaans.com/blog/offerlam/
Onderhoud:
https://romanzalesers.wordpress.com/2015/11/09/chanette-paul-gesels/
Video:
https://www.youtube.com/watch?v=O32VyZP0WW8
Uittreksel:
http://lapa.bookslive.co.za/blog/2015/11/25/lees-n-meesleurende-uittreksel-uit-chanette-paul-se-nuwe-spanningsroman-offerlam/
 
Stap saam met Caz op my blog:
    Ek het tot dusver twee virtuele staptoere saam met Caz Colijn op my blog geplaas en hoop om nog een of twee te doen.
    Ek hoop dit help lesers om 'n beter prentjie te vorm van wat Caz beleef het.
    Gaan loer gerus na onder meer:
    Caz in Gent: https://chanettepaul.wordpress.com/2015/11/02/offerlam-se-caz-colijn-in-gent/
    Caz in Doel: https://chanettepaul.wordpress.com/2015/11/20/offerlam-se-caz-colijn-in-doel/
   
    Nuus oor my webwerf:
    Nuusbriewe kan nou ook op my nuwe webwerf gelees word by: http://www.chanettepaul.co.za/nuusbriewe.html
 
    Ek hoop ek sien sommer ʼn hele paar van julle by die bekendstellings! Maar ek hoop veral dat julle Offerlam sal geniet.
    Baie dankie weer eens vir julle terugvoer, die hou-vans, plasings en kommentare op Facebook, die sterretjies op Goodreads (https://www.goodreads.com/), amazon en elders, julle deelname aan my blog, reaksie op die nuusbriewe en al die e-briefies.

Maar veral dankie dat julle my boeke lees.
Mooiste wense vir die opbou na die feestyd!


Picture

Naskrif: 
Soos altyd, laat weet asseblief as jy van die Nuusbrief se adreslys afgehaal wil word. Dis jou goeie reg.
Eweneens, as die nuusbrief vir jou aangestuur is en jy wil graag hê ek moet jou op die adreslys plaas, laat weet gerus.
Laat weet my ook as jy die nuusbrief dalk twee pleks van een keer ontvang.
e-pos: chanette@chanettepaul.co.za
            Julle is ook welkom om hierdie nuusbrief te stuur aan lesers wat moontlik op die adreslys ingesluit wil wees.
 
Skakels: 
Skakels vir nuwe nuusbrieflesers: 
Bietjie oor my in Stanford: http://portraitofavillage.wordpress.com/2014/09/11/stanford-author-chanette-paul-on-her-way-to-the-netherlands-and-belgium/
 ʼn Paar skakels waar julle kan lees of luister oor Raaiselspieël en Siende Blind:
    Lees die proloog van Raaiselspieël by: http://chanettepaul.wordpress.com/raaiselspieel/
    Alta Cloete oor Raaiselspieël: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/169
    Onderhoud met my oor Siende Blind: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/132
    Luister na die volledige gesprek wat Izak met my by die Woordfees gevoer het by: http://iono.fm/e/79412
    Dieselfde skakel met ʼn paar foto’s is ook op my blog by: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/04/17/personas-uit-die-hoed/
    Luister na ʼn gesprek wat Esté Jansen Meyer met my gevoer het in die radioprogram Allegaartjie: http://solmediafiles.co.za/radio/allegaartjie3/allegaartjie-15.mp3
    Lees wat Izak de Vries te sê het oor Raaiselspieël by: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/04/15/oor-raaiselspieel/
    Resensent Erika de Beer het ʼn resensie gedoen oor Raaiselspieël wat in al drie die groot dagblaaie verskyn het. Die skakel na die een in Beeld is http://www.beeld.com/bylae/2014-04-11-boeiende-naelskou-in-afrikaans
    Saam met aankondiging dat Siende Blind die Lekkerlit Boek van die Jaar vir 2013 is, het daar ook ʼn artikel op LitNet verskyn waarin Carla van der Spuy ʼn onderhoud met my voer, juis oor Siende Blind. Loer by: http://www.litnet.co.za/Article/onderhoud-siende-blind-deur-chanette-paul
    Nog iets waarop ek afgekom het, is ʼn heerlike bespreking van Siende Blind deur Izak de Vries, veral oor die rol van die blivet. Met sy toestemming het ek dit op my blog geplaas: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/01/26/izak-de-vries-oor-o-m-die-blivet-in-siende-blind/
Vir ʼn baie interessante resensie oor Siende Blind:
http://bookslive.co.za/blog/2015/03/04/dewald-koen-resenseer-siende-blind-deur-chanette-paul/
OF
http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/51_2/21%20Resensies%2003%20Koen%20WEB.pdf
Izak de Vries se reaksie daarop:
http://blogs.litnet.co.za/izak/2015/03/05/ontspanningsfiksie-verdien-regmatige-plek-as-deel-van-die-afrikaanse-literere-kanon/
 
Boeke by aanlynboekwinkels:
Chanette Paul-boeke by Graffiti
Chanette Paul-Boeke by Loot
Chanette Paul boeke by Lapa
 
E-boeke:
Leserskring
amazon.com
 
Onthou asseblief dat boeke wat in PDF-formaat afgelaai kan word, gesteelde boeke is. En nie een van my boeke is wettiglik gratis aflaaibaar nie
 
Ander skakels:
http://www.chanettepaul.co.za
http://chanettepaul.wordpress.com/
http://romanzalesers.wordpress.com/

TEKEN IN OP DIE NUUSBRIEF
Picture
TUIS | BIOGRAFIE | BROKKIES & NUUS | BOEKE | ONDERHOUDE & MEDIA | KONTAK | BLOG
Website by TILT INTERACTIVE 2017
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK