Chanette Paul
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK
Vorige nuusbriewe:

Nuusbriewe

TEKEN IN OP DIE NUUSBRIEF
Oktober 2016
Junie 2016
Oktober 2015
November 2015
Picture
Oktober 2016

Liewe lesers


Sedert begin Augustus trek een woord saam met my elke keer wanneer ek die volgende paar dae op my kalender vooruit beplan. Later verhelder ek dit in groen, maar dit bly uitskuif. Die woord is "Nuusbrief". Maar hier so op die vyfde dag van Leipoldt se mooiste, mooiste maand, kan ek uiteindelik weer met julle gesels.
Die afgelope drie maande moes ek netjies trap. Ek het in een stadium aan agt verskillende manuskripte tegelyk gewerk. Daar was die 5 Gyse wat geredigeer moes kom en allerhande dinge rondom die herdruk moes ook uitgesorteer word. Nuwe flapteks, nuwe profiel, aangepaste outeursnotas en dies meer. Daar was ook die Engelse vertaling van Offerlam en die redigering daarvan wat afgehandel moes word. Offerande was in haar laaste snikke, en bladproewe moes gelees word. En dan is daar natuurlik my nuwe storie waaraan ek die afgelope tyd heerlik gewerk het.
Dis nou benewens manuskripte van ander skrywers wat ek moes lees as manuskripontwikkelaar vir Lapa.
Nie dat ek kla nie. Stories en skryf is my suurstof. Dit het net by tye werklik woes gegaan.
En hier volg die nuusbrokkies.
Offerande:
Goeie nuus! Offerande het geland en is al by sommige winkels op die rak! Om die waarheid te sê dis reeds no. 3 op Graffiti Boekwinkel se Topverkoperlys vir September.
Nou wag ek in spanning om te hoor wat lesers daaroor te sê gaan hê. Ek kan nou maar net hoop julle lees lekker!
Offerande is tans ook reeds by die Nederlandse vertaler wat hierdie maand daaraan begin vertaal. Die voorlopige publikasiedatum daar is April 2017.
Offerande is reeds op Goodreads gelaai dus kan julle daar sterre en opinies gee: Offerande - Goodreads
Vir die lys van Offerande se bekendstellingsgeleenthede, loer by: https://chanettepaul.wordpress.com/2016/10/03/offerande-bekendstellings/
Vir dié wat nie graag op skakels klik nie, gee ek ʼn entjie ondertoe by * ook Offerande se bekendstellingsprogram wat al volgende week by Aardklop wegspring. Hoop ek sien sommer baie van julle by hierdie geleenthede!
Offerlam:
Offerlam is nou in Engels vertaal as Sacrificed. Ek moet nog deur die heellaaste bladproewe gaan, maar ʼn mens kan maar sê dis in kanne en kruike.
Dit was nogal ʼn hele leerkurwe om saam met die vertaler en redigeerder te werk. Ek dink hulle het hulle skitterend van hul taak gekwyt. Dit het my egter weer eens laat besef hoe ʼn ryk taal Afrikaans is. Daar was frases en idiome en stelwyses wat maar net nie in Engels behoorlik uit die verf wou kom nie. Ek dink egter ons het die beste oplossings daarvoor gevind wat ons moontlik kon.
Die Nederlandse vertaling word baie goed ontvang. Dit altyd moeilik om na ʼn nuwe mark deur te breek, maar lesers se reaksies is tot dusver geweldig positief.
Hier is maar een van ʼn hele paar lekker resensies: http://www.thrillzone.nl/recensie/offerlam/
Die Openbare Biblioteek van Amsterdam het gedurende De Week van de Afrikaanse roman hulle vyf top boeke wat uit Afrikaans in Nederlands vertaal is, aangewys. Dit was heerlik om te sien dat Offerlam nommer een was!
http://www.oba.nl/nieuws/top-5--week-van-de-afrikaanse-roman.html
Vir die van julle wat Offerlam nog nie gelees het nie, dis beskikbaar by aanlynboekwinkels soos Graffiti, Loot en Take-a-lot
 Vir die e-boek gaan na Amazon
Om saam met Caz deur Gent en Doel te stap, gaan loer gerus hier:
Caz in Gent: https://chanettepaul.wordpress.com/2015/11/02/offerlam-se-caz-colijn-in-gent/
Caz in Doel: https://chanettepaul.wordpress.com/2015/11/20/offerlam-se-caz-colijn-in-doel/
Die Gys Niemand-reeks:
Die splinternuwe Springgety is reeds sedert begin September op die rak en die nuutste Fortuin het ook geland en behoort al op die rak te wees.
Ek is mal oor die vars, kontemporêre omslae. Gaan loer gerus hier om te sien hoe Springgety se omslag geëvolueer het. https://chanettepaul.wordpress.com/2016/08/24/gys-niemand-kom-weer-vir-die-derde-keer/
Boheem sal in November op die rak wees, Meetsnoer in Desember en Dryfhout in Januarie 2017.
Pasella
Die Pasella-span het by my in my skryfhuis kom kuier. Ons het oor my boeke gepraat, maar ook oor spookstories uit die Agulhas-omgewing.
Die program word glo êrens in November uitgesaai, maar die datum is nog nie vas nie.
Nuwe storie
Ek skryf baie lekker aan my nuwe storie!Hier heel aan die begin al het Jojo Richter my met die elmboog in die sy gepomp en toe vra ek my vriende op Facebook of ek haar maar in die storie kan toelaat. Die antwoord was ʼn dawerende “Ja!” Natuurlik het sy alweer misbruik gemaak hiervan en ek moet net keer of sy neem oor. Maar dis heerlik om haar beter te leer ken.
Artikels en skakels:
ʼn Lekker onderhoud het in SA-Vryskutskrywer se nuusbrief verskyn: http://www.savryskutskrywer.co.za/nuusbrief-nuut-9-1.htm#.V-9bWPl96Uk
Ek het ook op ʼn onderhoud afgekom wat vier jaar gelede verskyn het wat steeds geld al het daar intussen ʼn hele klompie nuwe boeke sedertdien verskyn:
http://www.litnet.co.za/speurders-seks-en-skryf-naomi-meyer-gesels-met-chanette-paul/
In nog ʼn ouerige onderhoud, het ek dit onder meer oor Jojo Richter wat nou met my nuwe storie weer in my sop geval het: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/132
Beskikbaarheid van boeke:
As jy ʼn boek nie by jou plaaslike boekwinkel in die hande kan kry nie, vra asseblief die bestuur om dit te bestel. Soms besef die bestuurders net nie watter boeke in aanvraag is nie en herbestel nie van die titel wat uitverkoop het nie.
Die ander opsies is om dit by Lapa Uitgewers self te bestel of by aanlynboekwinkels.
Lapa het ʼn posbestellingsdiens. Skakel (012) 401 0700 of kontak hulle by lapa@lapa.co.za. Hulle webwerf is by https://www.lapa.co.za/
Wat aanlynwinkels betref kan ek Graffiti Boekhandel veral vir Afrikaanse boeke aanbeveel. Hulle het dikwels lekker afslag ook, veral op pasverskene boeke.
Loer by: http://www.graffitiboeke.co.za/
Baie dankie weer eens vir julle terugvoer, die hou-vans, plasings en kommentare op Facebook, die sterretjies op Goodreads (https://www.goodreads.com/), amazon en elders, julle deelname aan my blog, reaksie op die nuusbriewe en al die e-briefies.

Maar veral dankie dat julle my boeke lees.
Picture

*Bekendstellings – Offerande:
Ek sien geweldig baie uit daarna om Offerande by die volgende geleenthede bekend te stel:
Aardklop - Potchefstroom:
DONDERDAG, 6 OKTOBER: Aardklop ATKV Boek Oase
Misdaadromans: die grens tussen feit en fiksie
Henk Breytenbach, Chanette Paul, Madelein Rust en Ilse Salzwedel (gespreksleier)
Spanning as genre groei teen ’n geweldige tempo. Drie gewilde skrywers in hierdie genre is Chanette Paul (Offerande), Henk Breytenbach (Moordlys) en Madelein Rust (Bloedlyn). Ilse Salzwedel gesels met hulle oor die uitdagings van die genre en oor hul nuutste boeke.
14:00. 60 min. / Gratis
Pretoria:
11 Oktober / 18:30 vir 19:00
Ek is Graffiti, Montana se gas vir die praatjie by Delano's Zambezi Junction
Gesprekleier: Marida Fitzpatrick
R70 (wyn en pizza)
RSVP: shop@graffitibooks.co.za of (012) 548 2356
12 Oktober
18:30 vir 19:00 Woord & Wingerd, Graffiti, MenlynMaine
Gesprekleier: Marida Fitzpatrick
R50 (met verversings)
RSVP: menlyn@graffitibooks.co.za of (012) 348 1835
Net Terloops: Radio onderhoude vind plaas op 10 Oktober in die ateljee van Maroela Media en die 11 Oktober by Pretoria FM.
En die oggend van die 12e is ek Lapa se gas by die KANSA-tee in die St George Hotel
Hermanus:
26 Oktober
17:30 vir 18:00
Hermanus Biblioteek as gas van Bargain Books (Hermanus)
Gespreksleier: Petrovna Metelerkamp.
Gratis
RSVP: hermanus@bargainbooks.co.za
Durbanville:
27 Oktober
18:30 vir 19:00
Chanette Paul (Offerande) en Riette Rust (Ek! Ek! Ek!) in gesprek met Madri Victor
Bargain Books – Willow Bridge
RSVP: willowbridge@bargainbooks.co.za of (021) 914 9045
Gratis
Stellenbosch:
29 Oktober
11:00 by Protea Boekhandel, Andringastraat
Gespreksleier Jonathan Amid
Gratis
Strand:
24 November
Strand-biblioteek (tyd en ander besonderhede moet nog bevestig word)
Gespreksleier: Sam Cooper
 
Naskrif: 
Soos altyd, laat weet asseblief as jy van die Nuusbrief se adreslys afgehaal wil word. Dis jou goeie reg.
Eweneens, as die nuusbrief vir jou aangestuur is en jy wil graag hê ek moet jou op die adreslys plaas, laat weet gerus.
Laat weet my ook as jy die nuusbrief dalk twee pleks van een keer ontvang.
e-pos: chanette@chanettepaul.co.za
Julle is ook welkom om hierdie nuusbrief te stuur aan lesers wat moontlik op die adreslys ingesluit wil wees.
Nuusbriewe kan nou ook op my nuwe webwerf gelees word by: http://www.chanettepaul.co.za/nuusbriewe.html
 
Boeke by aanlynboekwinkels:
Chanette Paul-boeke by Graffiti
Chanette Paul-Boeke by Loot
Chanette Paul boeke by Lapa
 
E-boeke: amazon.com
My skakels:
http://www.chanettepaul.co.za
http://chanettepaul.wordpress.com/
http://romanzalesers.wordpress.com/
 
Skakels vir nuwe nuusbrieflesers: 
http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/boeke/chanette-paul-maak-draai-in-belgie/
http://www.rsg.co.za/Program-Potgooi/270/Skrywers-en-Boeke
http://lapa.bookslive.co.za/blog/2015/12/11/hoe-voel-n-man-wat-dink-sy-land-is-gesteel-deur-wit-diewe-chanette-paul-by-die-offerlam-bekendstelling/
Bietjie oor my in Stanford: http://portraitofavillage.wordpress.com/2014/09/11/stanford-author-chanette-paul-on-her-way-to-the-netherlands-and-belgium/
 ʼn Paar skakels waar julle kan lees of luister oor Raaiselspieël en Siende Blind:
Lees die proloog van Raaiselspieël by: http://chanettepaul.wordpress.com/raaiselspieel/
Alta Cloete oor Raaiselspieël: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/169
Onderhoud met my oor Siende Blind: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/132
Luister na die volledige gesprek wat Izak met my by die Woordfees gevoer het by: http://iono.fm/e/79412
Dieselfde skakel met ʼn paar foto’s is ook op my blog by: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/04/17/personas-uit-die-hoed/
Luister na ʼn gesprek wat Esté Jansen Meyer met my gevoer het in die radioprogram Allegaartjie:http://solmediafiles.co.za/radio/allegaartjie3/allegaartjie-15.mp3
Lees wat Izak de Vries te sê het oor Raaiselspieël by: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/04/15/oor-raaiselspieel/
Resensent Erika de Beer het ʼn resensie gedoen oor Raaiselspieël wat in al drie die groot dagblaaie verskyn het. Die skakel na die een in Beeld is http://www.beeld.com/bylae/2014-04-11-boeiende-naelskou-in-afrikaans
Saam met aankondiging dat Siende Blind die Lekkerlit Boek van die Jaar vir 2013 is, het daar ook ʼn artikel op LitNet verskyn waarin Carla van der Spuy ʼn onderhoud met my voer, juis oor Siende Blind. Loer by:http://www.litnet.co.za/Article/onderhoud-siende-blind-deur-chanette-paul
Nog iets waarop ek afgekom het, is ʼn heerlike bespreking van Siende Blind deur Izak de Vries, veral oor die rol van die blivet. Met sy toestemming het ek dit op my blog geplaas: http://chanettepaul.wordpress.com/2014/01/26/izak-de-vries-oor-o-m-die-blivet-in-siende-blind/
Vir ʼn baie interessante resensie oor Siende Blind:
http://bookslive.co.za/blog/2015/03/04/dewald-koen-resenseer-siende-blind-deur-chanette-paul/
OF
http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/51_2/21%20Resensies%2003%20Koen%20WEB.pdf
Izak de Vries se reaksie daarop:
http://blogs.litnet.co.za/izak/2015/03/05/ontspanningsfiksie-verdien-regmatige-plek-as-deel-van-die-afrikaanse-literere-kanon/ ​

TEKEN IN OP DIE NUUSBRIEF
Picture
TUIS | BIOGRAFIE | BROKKIES & NUUS | BOEKE | ONDERHOUDE & MEDIA | KONTAK | BLOG
Website by TILT INTERACTIVE 2017
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK