Chanette Paul Omnibus 4
In Toorliefde het Belle van Vliet haar oog op ’n mooi oewererf in Edgewood. Uit die bloute word dit vir haar teen ’n appel en ’n ei aangebied – maar wie is haar geheimsinnige weldoener, en wat voer hy in die mou?
In Fynbos vir ’n feeks is Chantal van der Sandt op amper twee en dertig ’n skatryk en suksesvolle sakevrou, haar lyf is gimperfek, haar klere kom uit Parys en haar motor is die nuutste sportmodel. Én sy is ’n opperste feeks wat almal om haar regeer en manipuleer. Tot ’n byna-beroerte haar noodsaak om vakansie te neem, en die onmoontlike Ezra Wasserman haar pad kruis . . .
En in Perlemoenmaan kry Nianne die kans om ’n tyd lank in haar vriend Martin de la Hunt se kothuis op die skilderagtige dorpie Birkenshire te gaan bly. Maar rus en vrede is haar nie beskore nie. Boonop kry Neal Kirstein, die geheimsinnige en eksentrieke alleenloper-argitek, dit reg om haar om elke hoek en draai te ontsenu. Wie is hierdie man met oë wat die kleur van perlemoen is?



