Illustration of Mermaid

Chanette Paul

Onder Seespieël

Maalstroom van ekstase
Doktor Nina Steyn betrap haar verloofde in ’n vurige omhelsing met een van haar studente. Net daar besluit sy: Bogger waardigheid en sofistikasie. En bogger Daan. Haar nuutgevonde roekeloosheid laat haar swig voor die versoeking van ’n skubaduikkursus en ’n naweek in Sodwana. Haar duikinstrukteur is Neil Brendan – die tipiese ambisielose beachbum, ’n drifter wat gevoelens by Nina ontlok wat sy nog nooit ervaar het nie.

Leerskool van liefde
Na haar egskeiding is daar maar min van Saskia se selfbeeld oor. Sy besluit impulsief om weer te gaan skubaduik en beland onbepland saam met Steph in Mosambiek. Na drie jaar is daardie iets tussen hulle steeds daar. Groot sterk Steph, met sy grougroen oë en sy gemaklike lag. Sy weet sy het geen verweer teen hom nie, maar wat van Vera en Vernon? Die keuse tussen plig en liefde is nooit maklik nie ...