Raaiselspieël
![]() Haar gawe kom van donkerbloed; haar pa se opdrag, van agter die doodsgordyn
Vet Frieda Fouché het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Fouché agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleinsaf sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ʼn meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos al sit daar reeds ʼn man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee sê nie. Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda ʼn skisofreen is of net ʼn ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late. Nils se lewensverhaal lewer egter ʼn paar verrassings op, onder meer in die vorm van ʼn paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda haar lewe nie meer seker nie. Resensie: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/169 Kindle: http://www.amazon.com/Raaiselspie%C3%ABl-Afrikaans-Edition-Chanette-Paul-ebook/ dp/B00KABF8RY/ref=pd_sim_351_8?ie=UTF8&refRID=0DG42WZ3JYSKG5VFMC49 |