Chanette Paul
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK

Springgety


Picture
Springgety deur Chanette Paul
Aantal bladsye: 558
ISBN: 9780799338775
Kategorie: Spanningsroman
Verskyningsdatum: Oktober 2007
Uitgewer: Lapa Uitgewers
 
 
Springgety is die eerste in spanningsroman in die Gys Niemand-reeks en speel af op Kruisbaai, ’n plek wat speurder-sersant Gys Niemand die rillings gee.  Veral Springklip, waar vier kruise geplant is vir slagoffers van dié krans wat waghou oor die buierige see.
Lily Reynecke weet feitlik niks van Kruisbaai of Springklip toe sy daar aankom nie.  Pas uit ʼn senukliniek nadat haar miserabele jeug, haar egskeiding en haar tante se tragiese dood vir haar te veel geword het, is Visvrou, die strandhuisie wat sy van Maja geërf het, haar enigste toevlug.
In Kruisbaai loop stories dik en dit word gou duidelik dat Maja geen geringe rol in die geskiedenis van die stranddorpie gespeel het nie.  Lily het egter skaars tyd om haar te vergewis van Kruisbaai se verlede en sy vreemde inwoners, voor haar gewese man daar aankom.  Kort na hulle stormagtige gesprek, verdwyn Fritz en Lily word verdink van gemene spel.
Teen wil en dank word Lily die katalisator waardeur Kruisbaai se donker verlede onthul word, maar die geheime word nie opgeklaar voordat sy bo-op Springklip ʼn moordenaar in die oë staar nie.
 
Resensie-uittreksels: 
Jaybee Roux in Beeld
Met Springgety bewys Paul dat sy veelsydig sowel as produktief kan wees. In dié roman (dikker as ’n baksteen, en aantreklik uitgegee) maak sy die sprong van liefdesverhale na spanningsfiksie.
Die agtergrond waarteen die roman hom afspeel, is prikkelend en word vernuftig en oortuigend weergegee. Die verhaal is besonder heg en boeiend.
Springgety is ’n meesleurende, geïnspireerde roman wat boekwurms lank aan die raai én swymel sal hou.
S. Meyer van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, NWU oor Springgety:
Die hegte struktuur en fassinerende storielyn maak van hierdie dik roman meesleurende vakansieleesstof. Daar is genoeg kinkels in die verhaalkabel om die leser tot aan die einde te laat raai.
Lees die res van die resensie by Springgety hou die leser aan die raai
Chris van der Westhuizen:
Die skrywer slaag daarin om mens aan die wonder te hou, omtrent enigiemand kan die moordenaar wees, selfs die hoofkarakter. Sy hoef wat my aanbetref nie terug te staan vir Deon Meyer nie.
Lees die res by Boekemakranka: Chanette Paul - Springgety
​

BESTEL HIER
Picture
TUIS | BIOGRAFIE | BROKKIES & NUUS | BOEKE | ONDERHOUDE & MEDIA | KONTAK | BLOG
Website by TILT INTERACTIVE 2017
  • TUIS
  • BIOGRAFIE
  • BROKKIES
    • V & A
    • LYS VAN BOEKE
    • PRYSE & BENOEMINGS
  • BOEKE
    • OFFER-TWEELUIK
    • SPANNINGSROMANS >
      • Labirint
      • Siende Blind
      • Raaiselspieël
      • Ewebeeld
      • Paaiboelie
    • MAANSCHIJNBAAI-TWEELUIK X >
      • Jo & Sue
      • Maanschijnbaai: Nan en Jeannie ​
    • GYS NIEMAND-REEKS >
      • Springgety
      • Fortuin
      • Boheem
      • Meetsnoer
      • Dryfhout
    • DIE DAVEL-REEKS >
      • Tamara
      • Willemien
      • Annabella
      • Deborah
      • Isabelle
      • Maryn
      • Fleur
    • ROMANSES
  • NUUS & OPTREDES
    • NUUSBRIEWE >
      • MAART 2017
      • OKTOBER 2016
      • JUNIE 2016
      • NOVEMBER 2015
      • OKTOBER 2015
  • KONTAK